1
Psalms 34:18
Die Boodskap
As hulle Hom om hulp vra, red Hy hulle uit al hulle probleme. Hy hoor as hulle na Hom roep.
Vergelyk
Verken Psalms 34:18
2
Psalms 34:4
Kom, julle, kom maak die Here se Naam saam met my groot. Kom laat ons Hom vereer.
Verken Psalms 34:4
3
Psalms 34:19
Die Here is naby mense wat hartseer is; Hy gee mense wat moedeloos is, weer nuwe moed.
Verken Psalms 34:19
4
Psalms 34:8
Die Here stuur sy engele om mense te beskerm wat Hom dien. Hy verlos hulle wat Hom aanbid.
Verken Psalms 34:8
5
Psalms 34:5
In gebed het ek die Here gevra om my te help en Hy het dit gedoen. Hy het my gered van al die dinge wat my lewe bedreig.
Verken Psalms 34:5
6
Psalms 34:17
Maar die Here ignoreer mense wat kwaad doen. Hy gaan hulle laat verdwyn. Niemand sal ooit weer aan hulle dink nie. Die Here help dié wat Hom liefhet.
Verken Psalms 34:17
7
Psalms 34:7
Kyk maar na my. Ek was swak en hulpeloos. Toe het ek gebid en die Here het my gehelp. Hy het my uit al my krisisse gehelp.
Verken Psalms 34:7
8
Psalms 34:14
Jy? Pas dan op om nooit verkeerde dinge te sê nie! Moenie oneerlik wees en ander mense met leuens verkul nie.
Verken Psalms 34:14
9
Psalms 34:13
Is daar iemand onder julle wat lief is vir die lewe? Wie wil graag die goeie dinge van die lewe geniet en gelukkig wees?
Verken Psalms 34:13
10
Psalms 34:15
Vermy slegte dinge. Doen net goeie dinge aan ander. Lewe in vrede met mense.
Verken Psalms 34:15
11
Psalms 34:3
Ek sal liedere oor die Here sing om Hom te eer. Almal wat hulp nodig het, sal dit raaksien en saam met my bly wees.
Verken Psalms 34:3
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's