1
JOSUA 1:9
Afrikaans 1983
Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan.”
Vergelyk
Verken JOSUA 1:9
2
JOSUA 1:8
Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees.
Verken JOSUA 1:8
3
JOSUA 1:7
“Wees veral sterk en baie vasberade in die uitvoering van die wet wat my dienaar Moses jou beveel het. Moet daarvan nie links of regs afwyk nie. Dan sal jy voorspoedig wees, waar jy ook al gaan.
Verken JOSUA 1:7
4
JOSUA 1:5
“Solank jy lewe, sal niemand bestand wees teen jou nie. Soos Ek by Moses was, so sal Ek by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat nie, jou nie verlaat nie.
Verken JOSUA 1:5
5
JOSUA 1:6
Wees sterk, wees vasberade, want jy moet hierdie volk die land in besit laat neem wat Ek met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het.
Verken JOSUA 1:6
6
JOSUA 1:3
Soos Ek vir Moses gesê het, gee Ek aan julle elke plek waar julle kom
Verken JOSUA 1:3
7
JOSUA 1:2
“Moses my dienaar is dood. Maak jy nou gereed en trek deur die Jordaanrivier, jy en hierdie hele volk. Gaan na die land toe wat Ek aan hulle, die Israeliete, gee.
Verken JOSUA 1:2
8
JOSUA 1:1
Na die dood van Moses, die dienaar van die Here, het die Here vir Josua, seun van Nun en assistent van Moses, gesê
Verken JOSUA 1:1
9
JOSUA 1:4
van die woestyn af en van die Libanon af tot aan die groot rivier, die Eufraat, die hele gebied van die Hetiete tot aan die Groot See in die weste, alles sal julle woongebied wees.
Verken JOSUA 1:4
10
JOSUA 1:18
Elke man wat hom teen u bevele verset en nie gehoorsaam is aan al die bevele wat u gee nie, sal doodgemaak word. Wees u net sterk en vasberade.”
Verken JOSUA 1:18
11
JOSUA 1:11
“Gaan die kamp deur en sê vir die mense: Maak vir julle padkos gereed, want oor drie dae trek julle deur die Jordaan en gaan julle die land in besit neem wat die Here julle God julle as besitting gee.”
Verken JOSUA 1:11
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's