Die mense sê: “Moenie sulke dinge kwytraak of profeteer nie. So ’n skande sal nie oor ons kom nie!” Israel, behoort julle so te praat? Sal die HERE geduld hê met sulke gedrag? As julle doen wat reg is, sal my uitsprake vir julle aanvaarbaar wees. Maar nou is my eie mense vyandig en opstandig. Julle gryp mense en skeur die klere af van hulle wat rustig verbyloop soos soldate op pad terug van ’n veldslag af. Julle verdryf die vroue van my volk uit hulle gerieflike huise. Julle ontneem hulle kinders vir altyd van die seëninge, van hulle godgegewe erfdeel. Staan op! Maak dat julle wegkom! Hierdie land sal nie meer vir julle ’n rusplek wees nie. Dit is besoedel, in ’n ongeneeslike toestand! Die soort profeet wat julle sou verkies, is ’n profeet wat leuens vertel en vir julle sê: “Ek sal julle vertel van al die voordele wat wyn en sterk drank vir julle kan bring.”
Lees MIGA 2
Luister na MIGA 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: MIGA 2:6-11
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's