Dié wat maak of hulle profete is, sê: “Moenie jý 'n profeet probeer wees nie, moenie oor dié dinge praat nie. Daar sal nie ellende oor ons kom nie.” Volk van Jakob, moet daar gevra word: “Is die Gees van die Here kwaad? Doen Hy sulke dinge?” Belowe Ek nie goeie dinge vir dié wat opreg lewe nie? My volk het in die afgelope tyd 'n vyand geword en in opstand gekom; julle stroop die mooi klere af van dié wat houtgerus by julle verbystap soos soldate van die slagveld af. Julle jaag die vrouens van my volk uit hulle gerieflike huise uit, julle vat die blywende gerief wat Ek hulle gegee het, van hulle kinders af weg. Maak klaar, gee pad! Dit is nie julle blyplek nie, want dit is onrein en verwoes, onherstelbaar verwoes! Wanneer 'n rondloper, 'n bedrieër lieg en sê: “As profeet beloof ek aan julle wyn en bier,” sal hy vir hierdie volk dié profeet wees.
Lees MIGA 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: MIGA 2:6-11
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's