“Julle moet nie driftig profeteer nie,” sê hulle driftig. “'n Mens mag nie hierdie dinge driftig profeteer nie. Beledigings sal in elk geval niks bereik nie. Kan dit gesê word, huis van Jakob ? Is die HERE ongeduldig, of is dit sy dade hierdie?” “Doen my woorde nie iemand goed wat die regte pad loop nie? Maar julle het vir my volk 'n vyand geword wat teenoor vredeliewende mense stelling inneem: Julle pluk die mantel af van niksvermoedende verbygangers, mense wat uit 'n oorlog terugkeer. Julle verdryf die vroue van my volk uit huise waaraan hulle verknog is; van hulle kinders ontneem julle vir altyd die waardigheid wat Ek gee. Maak gereed en gaan weg, want dit is nie 'n tuiste hierdie nie! Omdat dit •onrein is, sal dit vernietig word – 'n verskriklike vernietiging.” As iemand maar net voortdurend onsin en die leuen versprei, “Ek sal vir jou driftig profeteer oor wyn en sterk drank”, dan word hy die driftige profeet van hierdie mense!
Lees Miga 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: Miga 2:6-11
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's