In reaksie op hierdie boodskap van Miga was daar vals profete wat gesê het: “Moet julle nie steur aan die negatiewe goed wat hy gesê het nie. Die Here gaan ons nie verneder deur hierdie ramp oor ons te bring nie.” Miga het toe gesê: “Sê my ’n bietjie, Israel, behoort julle nie te vra: ‘Is die Here ongeduldig?’ en: ‘Sal Hy regtig so iets doen?’ nie. Julle behoort te weet dat die Here goeie dinge te sê het vir mense wat lewe soos Hy wil hê hulle moet. Maar die Here sê party van julle wil nie hoor wat Hy sê nie. Omdat dit julle houding is, is julle my volk se vyande. Julle gryp sommer ’n mens wat kalm en rustig by julle verbyloop en skeur sy klere van sy lyf af. Julle jaag van die vroue van my volk uit hulle huise uit. Hulle het eintlik daardie huise so mooi na hulle smaak reggemaak. Deur dit te doen steel julle die kinders se reg om eendag te erf wat Ek vir hulle gegee het.” Miga sê toe vir hulle: “Staan op, maak dat julle wegkom! Hier sal julle nie langer in vrede kan bly nie. Omdat julle ontrou aan die Here was, gaan hierdie plek so erg verwoes word dat dit nooit weer reggemaak sal kan word nie. Weet julle, as ’n profeet wat graag leuens vertel en mense bedrieg, vir julle sou sê: ‘Ek sal vir julle vertel van al die voordele wat wyn en bier vir julle bring!’ sal so ’n profeet net die regte soort vir julle wees. Hy pas perfek by julle!’
Lees Miga 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: Miga 2:6-11
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's