’n Tyd sal aanbreek wanneer die HERE se tempel in Jerusalem die belangrikste plek op aarde sal wees. Mense sal van oral af kom om daar te aanbid. Baie nasies sal kom en sê: “Kom laat ons opgaan na die berg van die HERE, na die tempel van die God van Israel. Hy sal ons leer hoe om te lewe sodat ons aan Hom gehoorsaam kan wees.” Dan sal die gebooie uitgaan vanuit die tempel en die woord van die HERE uit Jerusalem. Geskille tussen baie volke sal Hy oplos. Van hulle swaarde sal nasies ploegskare maak en van hulle spiese, snoeiskêre. Oorloë sal ophou en ook militêre opleiding. Almal sal rustig woon terwyl hulle vrede en voorspoed geniet. Hulle sal nie enige rede hê om bang te wees nie. Dit is ’n belofte van die HERE, die Almagtige! Elke nasie kan sy vertroue stel in hulle gode, maar ons sal vir altyd ons vertroue stel op die HERE ons God.
Lees MIGA 4
Luister na MIGA 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: MIGA 4:1-5
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's