Miga het gesê: “Daar sal ’n tyd kom wanneer die tempel in Jerusalem die belangrikste plek op aarde sal wees. Mense van verskillende lande en volke sal na die tempel toe kom om die Here te kom dien. “Hulle sal sê: ‘Kom ons gaan na die tempel toe in Jerusalem, want Israel se God is daar. Ons wil graag by Hom leer hoe ons behoort te lewe. Jerusalem is ’n belangrike plek, want dit is waar ons sal kan uitvind of die Here iets spesiaals vir ons tyd wil sê.’ Al is daar nasies wat ver van Jerusalem af bly, dit maak nie saak nie. Die Here sal die probleme tussen hulle oplos. Hy sal hulle so ver kry om liewer van hulle wapens landbougereedskap te maak. Die verskillende nasies sal nie meer teen mekaar baklei nie en nie eens meer leer om oorlog te maak nie. Daar sal vrede onder die mense wees. Hulle sal hulle eie grond hê vir hulle vrugtebome en hulle sal rustig in die koelte van die bome kan sit sonder dat hulle bang is. Hierdie woorde kan julle maar glo, want dit kom van die Here af. Daar is niemand wat met Hom vergelyk kan word nie.” Die opponente het geantwoord: “Hierdie nasies moet lewe soos hulle gode van hulle verwag. Ons sal aan die Here, wat ons God is, gehoorsaam wees.”
Lees Miga 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Miga 4:1-5
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's