Daar kom 'n tyd dat die berg waarop die huis van die Here is, 'n blywende plek sal hê bokant die bergtoppe en sal uitstaan bo die heuwels. Die volke sal daarheen stroom, baie nasies sal daarnatoe gaan en sê: “Kom, laat ons optrek na die berg van die Here toe, na die huis van die God van Jakob sodat Hy ons sy wil kan leer en ons daarvolgens kan lewe, want uit Sion kom die openbaring, uit Jerusalem die woord van die Here.” Hy sal oordeel tussen baie volke, regspreek oor sterk nasies wat ver weg woon. Hulle sal van hulle swaarde ploegskare smee en van hulle spiese snoeiskêre. Die een nasie sal nie meer die swaard teen die ander opneem nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te maak nie. Elke man sal onder sy eie wingerd sit, ongesteurd onder sy vyeboom. Die Here die Almagtige het dit gesê. Elke nasie kan maar lewe in die naam van sy god, ons sal vir altyd in die Naam van die Here ons God lewe.
Lees MIGA 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: MIGA 4:1-5
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's