Julle sê: “Eendag sal die berg waarop die Here se tempel staan, hoër wees en vaster staan as die ander berge en heuwels. Baie volke sal na hierdie berg kom. Die mense van baie volke sal kom en hulle sal sê: ‘Kom ons gaan op teen die berg van die Here, na die tempel van die God van Jakob. Dan sal Hy vir ons leer wat ons moet doen, en dan kan ons so lewe. Ons moet na Jerusalem gaan, dan sal ons weet wat die Here wil hê ons moet doen en wat Hy vir ons wil sê.’ “Die Here sal die regter wees tussen die volke en Hy sal die sterk volke vrede laat maak met mekaar, die volke wat naby is en die volke wat ver is. Dan sal die volke hulle swaarde en spiese smelt en hulle sal skerp ysters maak om te ploeg en messe om bome se takke af te sny. Die volke sal nie weer oorlog maak teen mekaar nie en hulle sal ook nie leer om oorlog te maak nie. Elke Israeliet sal onder sy eie wingerdstok of onder sy eie vyeboom sit. Die Israeliete sal vir niemand bang wees nie. Die Here het dit gesê, Hy regeer oor alles. Ja, elke volk lewe soos sy god wil hê, maar ons sal altyd lewe soos ons God wil hê.”
Lees Miga 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: Miga 4:1-5
15 Dae
In pragtige prosa roep Miga die leiers van Israel en Juda op om barmhartigheid lief te hê, regverdig op te tree en nederig met God te wandel. Reis daagliks deur Miga terwyl jy na die oudiostudie luister en uitgesoekte verse uit God se woord lees.
29 Dae
In hierdie studie leer ons van 'n profeet wat moedig na die volk kom, sonde en die komende oordeel van God aanspreek, asook sy oorvloedige genade en barmhartigheid. Hy wys ons 'n God wat ryk is in ontferming. Kom ons bestudeer die boek Miga saam en vra die Here om ons te help om “reg te laat geskied, liefde en trou te bewys en bedagsaam te lewe voor ons God.”
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's