Job 4:4-6

Job 4:4-6 AFR20

Jou woorde het die een wat struikel, regop gehelp; wankelrige knieë het jy stewig gemaak. Maar noudat dit jou oorkom, is jy ontstemd; noudat dit jou tref, is jy ontsteld. Is jou ontsag vir God dan nie dit waarop jy staatmaak nie? Is jou hoop nie gevestig op jou onberispelike optrede nie?