MARKUS 15:24-27

MARKUS 15:24-27 AFR53

En nadat hulle Hom gekruisig het, het hulle sy klere verdeel deur die lot te werp oor wat elkeen moes kry. En dit was die derde uur toe hulle Hom gekruisig het. En die opskrif van sy beskuldiging was bokant Hom geskrywe: DIE KONING VAN DIE JODE. Hulle het ook twee rowers saam met Hom gekruisig, een aan sy regter- en een aan sy linkerkant.