MARKUS 15:24-27

MARKUS 15:24-27 AFR83

Toe kruisig hulle Hom en verdeel sy klere onder mekaar deur te loot oor wat elkeen moet kry. Dit was nege-uur die môre toe hulle Hom gekruisig het. En die rede waarom Hy gekruisig is, was op 'n bordjie aan die kruis geskrywe: “Die koning van die Jode.” Saam met Hom het hulle ook twee rowers gekruisig, een regs en een links van Hom.