Prediker 12:1-2

Prediker 12:1-2 DB

Dink aan God wat jou geskep het terwyl jy nog jonk is. Voordat die swaar dae kom en jy sal sê: “Die lewe is nie meer lekker nie.” Dit is daardie tyd in ’n mens se lewe wanneer die son se strale vir jou dof begin word en jy die maan se lig en die sterre se geflikker in die aand skaars nog sien.