Jesaja 35:3-4

Jesaja 35:3-4 DB

Hierdie nuus is bedoel om mense wat moedeloos geword het, op te beur; om dié wat voel dat hulle net nie verder kan nie omdat alles net te veel geword het, moed in te praat sodat hulle met nuwe oë na die toekoms kan kyk. Gaan sê vir dié wat bang is hulle moet op die Here vertrou en hulle nie oor alles bekommer nie. Die Here is op pad om hulle vyande die les van hulle lewe te leer, en wanneer Hy daarmee klaar is, sal Hy sy mense se omstandighede verander.