Markus 15:24-27

Markus 15:24-27 DB

Toe kruisig hulle Hom. Sy klere het hulle gevat en lootjies getrek om te sien wie wat moet kry. Dit was so nege-uur in die môre toe hulle Jesus gekruisig het. Op die kennisgewing wat verduidelik het hoekom Hy gekruisig is, het gestaan: “Die koning van die Jode.”Saam met Jesus het die soldate ook twee ander mans aan kruise weerskante van Jesus opgehang. Hulle was diewe.