GENESIS 47:5-6

GENESIS 47:5-6 AFR83

Toe sê die farao vir Josef: “Jou vader en jou broers het nou na jou toe gekom. Egipte is tot hulle beskikking. Jy moet hulle in die beste deel van die land laat woon; hulle kan in die Gosenstreek aanbly. En as jy weet van knap manne onder hulle, moet jy dié in bevel plaas van my vee.”