God laat eensames in 'n huisgesin woon en lei gevangenes uit na vryheid, maar wie teen God in opstand is, woon in 'n kaal woestyn. Toe U u volk uitgelei het, o God, toe U deur die woestyn gestap het, Sela het die aarde gebewe en het die hemel dit laat reën voor U uit, daar by Sinai, voor God, die God van Israel. U het oorvloedige reëns laat uitsak, o God, U het u verdorde land weer lewe gegee. U eie volk het daar gaan woon. In u goedheid, o God, het U dit vir u hulpelose volk bestem. Die Here het bekend gemaak: “Daar is goeie nuus: 'n groot leër, magtige konings, het gevlug, hulle het gevlug.” Terwyl die manskappe nog tussen die saalsakke gelê en rus het, was die vroue tuis al besig om die buit te verdeel: beeldjies van duiwe waarvan die vlerke oorgetrek is met silwer en die vlerkpunte met glinsterende goud. Dit het gesneeu op Salmonsberg toe die Almagtige die konings daar uitmekaargejaag het. Basansberg, ontsaglike berg, Basansberg, berg met hoë kruine, waarom, berg met jou hoë kruine, kyk jy met afguns na die berg wat God as sy woning verkies het, waar die Here vir ewig woon? Die skitterende strydwaens van God was duisende, duisende der duisende, toe die Here van Sinai af die heiligdom betree het.
Lees PSALMS 68
Deel
Vergelyk alle weergawes: PSALMS 68:7-18
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's