Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld
Lees: Romeine 8:31-39, Sefanja 3:17, 1 Johannes 4:18-19
SOAP: Romeine 8:37-39
Om geken te word en geliefd te wees is een van die grootste menslike behoeftes in hierdie lewe. Die mate waartoe God ons liefhet, word slegs gemeet aan die afstand van Jesus se vasgespykerde hande. Ons hemelse Vader het ons so lief dat Hy sy Seun gestuur het om vir ons te sterf. Die grootheid van sy liefde is onbegryplik.
Ons kan berus in die wete dat ons God ons nie net liefhet nie, maar dat Hy van ons hou. Ons verhouding maak hom bly. Hy juig oor ons! Sy liefde bied vir ons 'n plek van vertroosting en stil vertroue. Daar is niks wat ons kan doen wat sal maak dat Hy nie meer vir ons lief is nie. Selfs wanneer ons God faal, sal sy liefde ons nooit verlaat nie.
God se liefde gee ons die vermoë om nie te vrees nie. Ons hoef nie sy afkeuring of verwerping te vrees nie. Ons hoef nie skaam te wees wanneer ons swak voel nie. Ons kan eerder in oorwinning na ons lewens kyk, want dit is sy liefde wat ons dra.
Wanneer het jy God se liefde in jou lewe ervaar? Om God se liefde met oop arms aan te neem is 'n proses. Die wêreld leer ons van voorwaardelike liefde. Wanneer het jy gevoel dat God nie van jou hou nie vanweë jou gedrag? Wanneer ons begin wonder of ons prestasie goed genoeg is vir God, onthou dat ons reeds meer as genoeg is deur bloot sy kind te wees.
Hemelse Vader, dankie vir u liefde. Dankie dat U my eerste liefgehad het, selfs toe ek U nog nie kon liefhê nie. Ek prys U dat U u Seun vir ons gestuur het as die voorbeeld van liefde. Help my om my vrees te vervang met die hoop dat ek reeds genoeg vir U en in U is. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com |