Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

DAG 18 VAN 41

Lees: Matteus 28:18, Job 26:7-14

SOAP: Matteus 28:18  

Baie van ons het al deur tye gegaan waar die greep van vrees oënskynlik alle elemente van vreugde in ons lewens doodgedruk het. Omdat ons angstig oor iets is, hou ons op om deel te neem in sommige van die aktiwiteite wat ons vroeër geniet het. Ons vergeet om die verhoudings wat vir ons belangrik is, te koester. Ons besef nie die krag wat vrees oor ons het nie.

Om die krag van vrees te bestry, moet ons erken dat God meer kragtig is as ons vrese. Toe Job midde-in sy ellende was, het die Here hom herinner aan sy groot krag sedert die skepping. Selfs toe Job magteloos was oor sy omstandighede, het God in beheer gebly.

Wanneer het jy magteloos gevoel oor 'n omstandigheid in jou lewe? Wanneer ons probleme ondervind met ons gesondheid, finansies, gesin, loopbane, ens., is dit maklik om soos Job te voel. In tye soos hierdie moet ons onthou dat dit in Job se swakste tyd was wat hy homself herinner het aan God se krag en dit het sy geloof vernuwe. Hoe kan hoop in God se krag help om jou geloof te herstel in tye van vrees?

Hemelse Vader, dankie vir u krag. Vergewe my vir die tye wanneer ek twyfel. Ek bid dat U my sal help om u krag te sien deur u skepping en in my lewe. Dankie vir hoe U voortgaan om ten goede in my lewe te werk. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se Waarheid

Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com