Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld
Oordenkingsvrae:
1. Soek verse op wat praat oor God wat in beheer is. Hoeveel beheer het God? Hoe behoort dit ons vrese te beïnvloed?
2. Lys al die dinge waarvan God ons bevry het. Hoekom twyfel ons dat Hy ons ook kan bevry van ons angs en vrese?
3. Hoe diep is God se liefde vir ons? Hoe moet God se liefde ons vrese verdryf?
4. God se krag strek uit na alle dinge. Hy sê selfs dat Hy ons sy krag gee. Wat beteken dit in ons stryd teen vrees?
5. Ons kan somtyds swak voel en in daardie tye kan ons bekommernisse vermeerder. Hoe kan begrip van die krag van God in ons lewens, ons help?
Aangaande hierdie leesplan
Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com |