Vrees en Angs - Leer om te Oorwin met God se WaarheidVoorbeeld
Lees: Psalms 27:1,3
SOAP: Psalms 27:1
'n Kenmerk wat teenstrydig is met vrees, is sterkte. Wanneer ons deur tye van vrees gaan, is sterk die laaste ding hoe ons somtyds voel. Na 'n lang dag by 'n pretpark, is een van die liefdevolste beelde om te sien, dié van 'n pa wat sy slapende kind in sy arms terug dra na die motor. Die kind slaap rustig terwyl die pa al die speelgoed, koelsak en sy bondeltjie vreugde dra. Maar ons weet die pa sal niks ruil vir hierdie ervaring nie.
Ons vergeet dikwels dat ons die kind by die pretpark is. Soms moet ons eenvoudig uitreik en toelaat dat God ons in sy arms dra. In teenstelling met 'n aardse vader se arms, word ons hemelse Vader nie moeg van ons vrag nie. Hy wil ons sterkte wees. Jesus sê dat ons om na Hom toe moet kom wanneer ons moeg is.
Dink aan 'n tyd wat jy na God toe gegaan het toe jy gevoel het dat jy geen krag meer het nie. Hoe het Hy vir jou voorsien? God se krag is nimmereindigend.
Hemelse Vader, dankie dat U my die krag gee om voort te gaan, selfs wanneer ek voel dat ek geen krag oor het nie. Dankie dat U my verseker dat ek altyd toegang tot U het. Vergewe my vir tye wanneer ek twyfel of ek na U met my probleme kan kom. In die Naam van Jesus. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Voel die lewe somtyds oorweldigend? Soek jy verligting van die vrees en angs? Ons gaan ontdek wat God in sy Woord sê oor vrees en angs. Ons sal leer hoe ons dit kan oorwin deur die krag van sy Woord. Deur na God te kyk om hulp, sal ons vryheid en vrede vind. Met God aan ons sy en sy Woord in ons harte en gedagtes, sal ons oorwin!
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com |