OnverwagsVoorbeeld
![Unexpected](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F11641%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Dit is tyd vir ons om vertroud te raak daarmee om die onverwagse te hanteer, om dit aan te gryp en te verstaan dat, deur onverwagse gebeure in die lewe — beide goed en sleg — ons God moet vertrou en verwag dat Hy daarin sal werk terwyl Hy ons daardeur laat gaan. Ons moet besef dat Hy nooit van ons verwag het om vervelige en voorspelbare lewens te leef nie, selfs al probeer ons hard om gereelde roetines te vestig. Hy het ons geroep om 'n lewe vol vreugdes en hartseer, gevegte en vieringe, sukses en mislukkings, lief en leed, te leef. En Hy wil hê ons moet leer hoe om voordeel te trek uit die onvoorsiene, veral omdat die wêreld steeds meer chaoties en onvoorspelbaar word.
In ons menslikheid sal ons alles probeer beheer, insluitende God. Tog dien ons 'n God wat weier om deur ons beheer te word. Deel van die geheim en avontuur om Jesus te volg, is om Hom te vertrou, ongeag van wat om ons aangaan. Ons harte moet ontvanklik wees vir Hom, sodat wanneer die onvoorsiene gebeur, Hy dit ten goede kan gebruik. Ons moet Hom toelaat om die onvoorsiene te gebruik; dis 'n noodsaaklike katalisator om ons te laat groei, te heilig en ons te help om die lewe uit 'n heel nuwe perspektief te sien, want niks groei sonder ontwrigting en onderbreking nie — sonder die onvoorsiene nie.
As ons hierdie waarheid diep in ons wese kon setel, sou ons baie minder bang wees in 'n wêreld wat kompleks en veranderlik is. Ons kan ontspan in die wete dat, terwyl ons nie die onvoorsiene kan verwag nie, God in beheer van alles is en ons om daardie rede kan verwag dat Hy getrou sal wees aan die beloftes wat Hy vir ons in sy Woord gegee het.
Die onverwagse avontuur wat voor ons lê, sal vir seker kronkels en draaie hê wat ons nie sal sien kom nie, waar die noodlot teen ons draai, maar dis wanneer God ons presies het waar hy ons wil hê. Volmaak geposisioneer op 'n plek waar ons in geloof kan wandel, om in tekens, wonders en wonderwerke te glo en die bonatuurlike te verwag.
Aangepas uit "Unexpected: Leave Fear Behind, Move Forward in Faith, Embrace the Adventure" deur Christine Caine. Kopiereg © 2018 deur Christine Caine. Herdruk met toestemming van Zondervan Uitgewers. Alle regte voorbehou.
Aangaande hierdie leesplan
![Unexpected](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapistaging.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans-staging%2F11641%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Dit is tyd om vrees agter te laat, vorentoe te beweeg in geloof en om die avontuur aan te gryp. Deur hierdie 14-dae leesplan sal jy jou geloof in 'n goeie God versterk en leer om in die vreugdevolle vryheid van volkome vertroue in Hom te leef, selfs in onverwagte omstandighede.
More