OnverwagsVoorbeeld

Unexpected

DAG 4 VAN 14

God wil hê ons moet leer hoe om elke onverwagse gebeurtenis te aanvaar as 'n uitnodiging om Jesus en sy Woord te vertrou, om sy goedheid deurentyd te verwag. So 'n lewe is een van die kragtigste magte op die planeet, want daar is ‘n momentum van moed en geloof wat ons aandryf na nuwe plekke. 

Hoe sou dit wees as ons kon leer om die onvoorspelbare skokke, stres en wispelturighede van die lewe aan te gryp en tot ons voordeel te gebruik? Miskien is daar ‘n perspektief, 'n bestanddeel, in die manier waarop ons die lewe verwerk, wat moet verander. Miskien is daar ‘n vlak van vertroue wat hoër is as om te glo "dat alle dinge vir ons ten goede sal meewerk" (Romeine 8:28). Miskien is daar meer …

Soveel kere, wanneer dinge erger word voordat hulle beter word, moeiliker voor makliker, donkerder voor ligter, twyfel ons. Ons twyfel aan God. Ons twyfel aan sy roeping. Ons twyfel aan sy getrouheid. Ons gee moed op. Ek dink nie Hy het daardie deur oopgemaak nie. Ek dink nie Hy het my geroep nie. Ek dink nie dit is sy wil nie. Wanneer het God gesê dat dit maklik sou wees? Wanneer het Hy gesê dit sou moeiteloos wees? Iets wat ek oor en oor geleer het, is dat … 

Geslote deure nie beteken dat God nie 'n weg oopmaak nie. 

As die prys te hoog is, beteken dit nie dat God nie geroep het nie. 

Die teenwoordigheid van 'n stryd beteken nie God is nie in die geveg nie. 

Beproewings beteken nie dat ons buite die wil van God is nie. Dit beteken dikwels dat ons presies in die wil van God is — daar waar ons veronderstel is om te wees, en presies doen wat ons veronderstel is om te doen. Besig om die goeie stryd van geloof te stry. Staande te bly. Gelowig te bly. Hy laat alles vir ons ten goede meewerk … en meer!

Aangepas uit "Unexpected: Leave Fear Behind, Move Forward in Faith, Embrace the Adventure" deur Christine Caine. Kopiereg © 2018 deur Christine Caine. Herdruk met toestemming van Zondervan Uitgewers. Alle regte voorbehou.

Aangaande hierdie leesplan

Unexpected

Dit is tyd om vrees agter te laat, vorentoe te beweeg in geloof en om die avontuur aan te gryp. Deur hierdie 14-dae leesplan sal jy jou geloof in 'n goeie God versterk en leer om in die vreugdevolle vryheid van volkome vertroue in Hom te leef, selfs in onverwagte omstandighede. 

More

Ons bedank graag Christine Caine vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.christinecaine.com/unexpected