Verlore Seun Transformasie met Kyle IdlemanVoorbeeld

Prodigal Son Transformation With Kyle Idleman

DAG 2 VAN 7

"ONTWAKING — Kom Tot Jou Sinne"

Dikwels mis ons die alarms wat in ons lewens afgaan, omdat ons nie sensitief is daarvoor nie. Die sagte harp alarm sal nie voldoende wees nie — dit sal die loeiende alarm neem om ons wakker te maak. So, in plaas daarvan dat ons vroeg op die alarm reageer, druk ons telkens die sluimerknoppie. Die alarm word al hoe harder, totdat dit uiteindelik so onaangenaam is dat ons dit nie langer kan ignoreer nie. Dan word ons wakker, vryf ons oë, kyk om ons rond, net om te vind dat die verlore seun se varke ons omring, en wonder dan hoe dit gebeur het.

Hier's my vraag aan jou: Is daar alarms wat juis nóu in jou lewe afgaan?

Die Skrif gee 'n aantal voorbeelde van hoe God 'n alarm laat afgaan. Dikwels gaan die alarm vroeg af, om ons wakker te maak voordat alles uitmekaarval. Soms dink mense hulle moet die bodem tref voor hulle tot hul sinne kom, maar wat as God jou juis nou probeer wakker maak om jou latere hartseer in die Verre Land te spaar?

2 Kronieke 36:15 praat oor hoe God die alarm laat afgaan om sy mense te waarsku. Die uitdrukking "vroeg opstaan" verwys daarna om "vroegtydig op te tree." In hierdie konteks beteken dit dat Hy die alarm laat afgaan het sodra die probleme waargeneem is.

En dan lees ons waarom Hy gewaarsku het: "… want Hy het medelye met sy volk ... gehad." Hierdie alarms is vir ons beswil, omdat God ons liefhet.

* Is daar enige alarms wat jy tot nou toe geïgnoreer het, verkies het om in te sluimer eerder as om wakker te word? Kan jy aan enige tyd dink toe God jou vroeë alarms laat hoor het om jou latere hartseer/sonde te spaar?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Prodigal Son Transformation With Kyle Idleman

Oorgeneem uit Kyle Idleman se boek "AHA". (Awakening, Honesty, Action) Ontdek die 3 elemente wat ons nader aan God kan bring en ons lewens ten goede kan verander. Is jy gereed vir die oomblik wanneer God alles verander?

More

Ons wil David C. Cook graag bedank vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.dccpromo.com/aha/