Verlore Seun Transformasie met Kyle IdlemanVoorbeeld
"AKSIE - Tyd Om Op Te Staan"
Baie van ons haak by Aksie vas. Ons weet wat gedoen moet word, het reeds op die platform geklim, maar ons kan net nie beweeg nie. Dit is een ding om die ontwaking te hê en selfs eerlik te wees oor wat gedoen moet word. Dis heeltemal 'n ander ding om die sprong te maak. In Lukas 15:20 lees ons die eenvoudige frase wat die verhaal van die Verlore Seun verander. Jesus het net gesê: "Toe het hy opgestaan …"
Hy het onmiddellik tot aksie oorgegaan. Hy het besef dat dit tyd was om op te staan. Dit was tyd om iets te doen. En tensy ons storie lees: "Toe het hy opgestaan," of "Toe het sy opgestaan," verander niks regtig nie.
Dis waar OEA so baie van ons laat vashaak. Ons het 'n ontwakende oomblik, ons vind selfs die krag om brutaal eerlik te wees, maar ons kom nooit tot die punt waar ons werklik iets anders doen nie. Ons spandeer 'n groot deel van ons lewens vasgevang tussen eerlikheid en aksie.
Jy mag hier lees en dink: "Ek stem saam, maar ek is nie lus om iets daaromtrent te doen nie."
Dit mag dalk effens ongevoelig klink, of miskien 'n bietjie alledaags; die waarheid is egter dat ons God moet gehoorsaam, selfs wanneer ons nie daarna voel nie. Wanneer ons God gehoorsaam, selfs sonder die motivering om dit te doen, sal ons gevoelens uiteindelik ons aksies inhaal.
Kyk weer na jou aksieplan vir die veranderinge wat jy moet maak. Jy het moontlik al voorheen die lys gemaak, op skrif of in jou kop, en jy weet wat dit is. Identifiseer die eerste stap, net soos die Verlore Seun toe hy gesê het: "Ek sal opstaan en na my vader gaan …" Hy het geweet wat hy moes doen en hy het dit gedoen. Vind uit wat jou eerste stap is en tree nou op, of jy lus het of nie. En jy sal vind dat, langs die pad, met God se hulp, aksies wat eers kunsmatig lyk, geloofwaardig kan word.
Het jy al ontwaak en was jy al eerlik met jouself, maar het toe nie die nodige aksies deurgevoer nie? Wat is die eerste stap wat jy kan neem om mee te begin?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Oorgeneem uit Kyle Idleman se boek "AHA". (Awakening, Honesty, Action) Ontdek die 3 elemente wat ons nader aan God kan bring en ons lewens ten goede kan verander. Is jy gereed vir die oomblik wanneer God alles verander?
More