Verlore Seun Transformasie met Kyle IdlemanVoorbeeld
"ONTWAKING - Wis Hongersnode Uit"
Ek het onlangs gelees van 'n eksperiment wat die sielkundige, Jonathan Haidt, gedoen het. Hy het met 'n fassinerende, hipotetiese oefening vorendag gekom, wat min of meer so afgeloop het:
Deelnemers het 'n opsomming van 'n persoon se lewe ontvang en is gevra om dit deur te lees. Deelnemers is toe gevra om hulle te verbeel die persoon was hul dogter. Hier is haar onvermydelike lewensverhaal. Sy is nog nie gebore nie, maar sal binnekort wees, en haar lewe mik hierheen. Deelnemers het toe vyf minute gekry om haar verhaal te redigeer. Uitveër in die hand, kon hulle dinge uit haar lewe wis wat hulle ook al wou.
Die vraag aan deelnemers was: Wat vee jy eerste uit?
Die meeste van ons sal instinktief en wild begin om die leerprobleem en motorongeluk en die finansiële uitdagings uit te wis. Ons het ons kinders lief en wil hê hulle moet 'n lewe sonder daardie swaarkry, pyn en terugslae beleef. Ons sal almal verkies dat ons kinders se lewens vry van pyn en leed moet wees.
Maar vra jouself af: Is dit regtig die beste?
Dink ons werklik dat 'n bevoorregte lewe wat glad verloop, ons kinders gelukkig sal maak? Wat as jy 'n moeilike omstandigheid uitvee wat hulle sal wakker skud om te bid? Wat as jy 'n ontbering uitvee wat hulle gaan leer hoe om vreugde te hê ten spyte van enige omstandigheid? Wat as jy van die pyn en leed uitvee wat op die ou end God se katalisator gaan wees, wat Hy in hul lewens gebruik om hulle te laat uitroep na Hom? Wat as jy 'n moeilike omstandigheid uitvee wat hulle laat besef wat God se doel vir hul lewens is?
Dit mag vreemd klink om te sê, maar die nommer een bydrae tot geestelike groei is nie preke, boeke of klein groepies nie; die nommer een bydrae tot geestelike groei is moeilike omstandighede. Ek kan dit vir jou sê uit persoonlike ervaring, die lees van geestelike groei opnames, en my eie toepaslike getuienis, nadat ek deur die jare met duisende mense gepraat het. OEA kom uit die lyding, terugslae en uitdagings van die lewe. Baie mense kan na daardie oomblikke verwys as die grootste oomblikke van geestelike ontwaking.
*Tydens watter tye in jou lewe het jy die meeste geestelike groei ervaar? Was dit in tye van oorvloed, of was dit in moeilike tye? Probeer God jou nou laat groei deur een of ander moeilike stryd of omstandigheid?
Aangaande hierdie leesplan
Oorgeneem uit Kyle Idleman se boek "AHA". (Awakening, Honesty, Action) Ontdek die 3 elemente wat ons nader aan God kan bring en ons lewens ten goede kan verander. Is jy gereed vir die oomblik wanneer God alles verander?
More