Verlore Seun Transformasie met Kyle IdlemanVoorbeeld

Prodigal Son Transformation With Kyle Idleman

DAG 4 VAN 7

"EERLIKHEID - Praat Met Myself"

Ons sien die tweede bestanddeel (Brutale Eerlikheid) van OEA in Lukas 15:17: "Hy het vir homself gesê …"

Daar was niemand anders nie. Dit was net hy en die varke. Soms is die moeilikste gesprek die een wat jy met jouself het. Brutale eerlikheid begin wanneer ons in die spieël kyk en die waarheid praat oor wat ons sien. OEA verg dat jy die waarheid praat met jouself, oor jouself.

Die Verlore Seun was eerlik met homself oor wat hy verdien het. Dié soort eerlikheid is moeilik. Ons sal die ontwaking sonder die brutale eerlikheid verkies.

Dis soos die vrou wat ontwaak tot haar kritiese gees, maar weier om te sê: "Ek was verkeerd om so negatief te wees. Ek weet my man het my bemoediging en ondersteuning nodig, maar ek het net gekla en gekritiseer."

Dis soos die man wat sy seksuele sonde besef, maar weier om te sê: "My pornografie probleem het 'n wig in my huwelik veroorsaak en my hart teenoor my vrou verhard."

Om brutale eerlikheid te vermy sal blywende verandering kortwiek. Wanneer daar herkenning sonder bekering is, gebeur OEA nie. Toe die Verlore Seun tot sy sinne gekom het, was hy eerlik met homself. Die ontwaking moet lei tot eerlikheid. Oortuiging moet lei tot belydenis.

Ons Hemelse Vader sien en weet in elk geval alles, so dis nie 'n geval van dat jy uitgevang word nie. Die eerlikheid waaroor ek praat is meer as 'n eenvoudige erkenning; dis 'n soort gebrokenheid. Ja, jy sê vir die persoon wat jou uitgevang het jy is jammer, maar jy moet verder as dit gaan. In 'n eerlike oomblik wanneer daar niemand anders is nie, moet jy jouself die waarheid vertel oor jouself en weet dat jy jammer is.

Dis die verskil tussen jammerte en berou.

*Het jy jou ontwaking opgevolg deur eerlik met jouself te wees? Is jy eerlik genoeg met jouself om jou gebrokenheid raak te sien en hoe dit God mishaag?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Prodigal Son Transformation With Kyle Idleman

Oorgeneem uit Kyle Idleman se boek "AHA". (Awakening, Honesty, Action) Ontdek die 3 elemente wat ons nader aan God kan bring en ons lewens ten goede kan verander. Is jy gereed vir die oomblik wanneer God alles verander?

More

Ons wil David C. Cook graag bedank vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.dccpromo.com/aha/