Advent: Die Reis Tot By KersfeesVoorbeeld

Advent: The Journey to Christmas

DAG 4 VAN 25

Nederige Begin 

Betlehem was 'n klein dorpie, onbelangrik in vergelyking met die groter stede in die omgewing. In Die Boodskap se parafrase van Miga 5:1 word daar na Betlehem verwys as "eintlik maar 'n onbelangrike stadjie." Hoekom sou God kies om aarde toe te kom op so 'n onbelangrike plek? Is dit werklik 'n waardige geboorteplek vir die Koning van die konings?

Dit is so dat God nog nooit waarde geheg het aan die wêreld se definisie van belangrikheid nie. Rykdom, beroemdheid, gewildheid, mag — nie een van hierdie dinge beïndruk God nie. Paulus het vir die Korintiërs gesê: "... wat vir die wêreld onsin is, het God uitgekies om die geleerdes te beskaam; wat vir die wêreld swak is, het God uitgekies om die sterkes te beskaam." Wat Hy in iemand se lewe kan doen is nie beperk tot hulle status op aarde nie. As Betlehem "eintlik maar 'n onbelangrike stadjie" was, hoeveel te meer sou God die eer ontvang omdat sy Seun daar gebore is? Waar Jesus sy reis begin het, het nie bepaal wat Hy vir die koninkryk tot stand kon bring nie. Is dit nie maar dieselfde in ons geval nie?

Gebed: Dankie Vader, dat U nie toelaat dat die laagtepunte in my lewe my potensiaal bepaal nie. Dankie dat U 'n Goddelike doel het vir iemand so onvolmaak soos ek. Ek prys U vir u wonderbare krag wat my in oomblikke van swakheid dra. Ek weet dat dit nie saak maak waar ek begin nie, want U sal my neem waar ek moet wees. Dankie Jesus, dat U vir my wys dat verstommende dinge op nederige plekke begin.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Advent: The Journey to Christmas

Kersfees is waarlik die grootste verhaal wat ooit vertel is: een van God se volmaakte getrouheid, krag, redding en onfeilbare liefde. Kom ons gaan die volgende 25 dae op reis om God se ingewikkelde plan te ontdek — om die wêreld van sonde te red en die belofte van die geboorte van sy Seun te vervul.

More

Baie dankie aan "Church of the Highlands" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.churchofthehighlands.com/