Jesus: Ons OorwinningsbanierVoorbeeld
Oorwinning Oor Skuld
Een van Satan se doelwitte vir ons, is dat ons in die duisternis van skuldgevoelens sal leef. Satan weet, al glo ons dat Jesus vir ons sondes gesterf het, maar steeds die skuld van ons sonde dra, ons nie waarlik die seën en vryheid van sy vergifnis kan ontvang nie. Ons sal in die skaduwee van ons ergste sonde leef. In Johannes 9:5 verwys Jesus na Homself as die Lig van die wêreld. Maar in Mattheus 5:14 en 16 het Jesus ook gesê: "Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie... Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” Jesus sou nooit verwag dat ons 'n lig tot sy eer moet wees, as Hy ons nie 'n uitweg uit die duisternis van ons skuld gegee het nie.
Psalms 103:11-12 sê dat God se liefde vir ons groter is as wat ons ooit kan dink, en dat Hy ons sonde so ver van ons af weggeneem het dat ons die ongelooflike afstand nie ten volle kan begryp nie. Toe Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy vir altyd die las van die sonde weggeneem van dié wat glo. Ons kan nou vryelik sy vergifnis ontvang, sonder skuldgevoelens leef en welkom en geborge voel in die teenwoordigheid van God.
Terwyl ons naderkom aan die viering van Jesus se opstanding, laat ons onthou dat sy dood nie net ons vergifnis van sonde gekoop het nie, maar die gesag om die las van ons skuld af te werp. Die skuld van jou sonde, selfs jou grootste sonde, is deur die bloed van Jesus betaal. Wandel vandag in sy vryheid!
Laai vandag se beeldbeeldhier af.
Aangaande hierdie leesplan
Wanneer ons Paasfees vier, vier ons die grootste oorwinning in die geskiedenis. Deur Jesus se dood en opstanding, het Hy vir altyd die krag van sonde en die graf oorwin, met al die daaropvolgende newe-effekte, en het Hy gekies om daardie oorwinning met ons te deel. Laat ons gedurende hierdie Paasfeesweek kyk na sommige van die vestings wat Hy oorwin het, nadink oor die stryd wat Hy vir ons gestry het, en Hom loof as ons Oorwinnaarsbanier.
More