Jesus: Ons OorwinningsbanierVoorbeeld

Jesus: Our Banner of Victory

DAG 3 VAN 7

Oorwinning Oor Skaamte

Die vyand hou daarvan om te praat. God se Woord sê dat die Satan rondloop soos 'n brullende leeu op soek na iemand om te verslind. In Openbaring word na hom verwys as ons beskuldiger; ons word vertel dat hy ons dag en nag voor God beskuldig. Satan is listig, en hy weet dat een van die beste maniere om ons godgegewe potensiaal dood te maak, te steel en te vernietig, 'n kommentaar oor ons sonde is wat ons in 'n ewige ingesteldheid van onwaardigheid hou. Hy wil hê dat ons in skaamte moet leef.

Jy sien, skuld gaan oor wat ons gedoen het, maar skaamte oor wie ons is. Baie mense aanvaar dat God ons vergewe vir wat ons gedoen het, maar laat steeds toe dat die vyand ons beskuldig en verneder met leuens oor wie ons in wese is. Hierdie leuens weerhou ons daarvan om God se doel vir ons lewens aan te gryp en uit te leef. Ons word geroep om die gawes en talente wat God ons gegee het, te gebruik om 'n verskil in hierdie wêreld te maak, maar as ons nie losbreek uit skaamte en onwaardigheid nie, sal ons nooit ten volle kan bereik en doen waarvoor Hy ons geskape het nie.

Toe Jesus ons sonde vir sy geregtigheid aan die kruis geruil het, het Hy ons splinternuut gemaak. Wie ons voorheen was, het geen invloed op wie ons nou is nie. Ons is God se kinders wat geheel en al vergewe is, deur genade bedek is en bemagtig is om wonderlike werke tot sy eer te verrig. Dit alleen moet ons identiteit bevestig. Die stem van skaamte wat die waarheid weerspreek, is bloot 'n leuen.

Onthou gedurende hierdie Paasfeesweek wat God oor jou, sy kind, sê en neem alle gedagtes gevange wat nie in lyn met sy Woord is nie. Jesus het gekom sodat ons die lewe ten volle kan hê. Raak ontslae van skaamte en jaag die vervulling van jou goddelike doel na!

Laai vandag se beeld  hier  af. 

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Jesus: Our Banner of Victory

Wanneer ons Paasfees vier, vier ons die grootste oorwinning in die geskiedenis. Deur Jesus se dood en opstanding, het Hy vir altyd die krag van sonde en die graf oorwin, met al die daaropvolgende newe-effekte, en het Hy gekies om daardie oorwinning met ons te deel. Laat ons gedurende hierdie Paasfeesweek kyk na sommige van die vestings wat Hy oorwin het, nadink oor die stryd wat Hy vir ons gestry het, en Hom loof as ons Oorwinnaarsbanier.

More

Baie dankie aan "Church of the Highlands" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek: https://www.churchofthehighlands.com