God Se Beloftes Uit EfesiërsVoorbeeld

God Se Beloftes Uit Efesiërs

DAG 3 VAN 6

GOD SAL ENIGE SONDE VERGEWE    

Ek en jy moet God prys, want ons sonde is vergewe. Dit is seker een van die grootste geskenke om daardie woorde te hoor en te ervaar. 

Jy het dalk iets gedoen waaroor jy verskriklik voel en jy dink dalk: God kan nie dit vergewe nie Hy kan baie dinge vergewe, maar nie dit wat ek gedoen het nie. 

Ek wil jou vandag sê, daar is niks wat God nie kan vergewe nie. Deur die bloed van Jesus Christus kan Hy enige iets in jou lewe vergewe. Jy moet dit net bely en die belofte jou eie maak. 

Hemelse Vader, dankie vir die bloed van Jesus, wat my reinig van alle sonde. Ek bely nou my sonde en dankie dat U dit vergewe. Amen.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

God Se Beloftes Uit Efesiërs

Daar is soveel skrifte wat ons leer dat ons in die Woord moet bly en dat die Woord die kern van ons geestelike groei en ons groei in verhouding met Jesus is. Ek glo die dagstukkies oor God se beloftes kan jou ook help om te hoor hoe God met jou praat en jou ontmoet waar jy is.

More

Ons bedank Andries Enslin en Carpe Diem Media vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lewensentrum.org.za