God Se Beloftes Uit EfesiërsVoorbeeld
ONS HET KRAG IN CHRISTUS
Ek dink as ’n mens hierdie gebed in Efesiërs 1:19-23 lees, hierdie einde, dan besef jy: ons het krag, ons het gesag in die Naam van Jesus. Jesus is die hoogste gesag wat daar is en Jesus is die hoof van die kerk. Dit gee aan die kerk, die volgelinge van Jesus, aan my en jou, gesag. God werk kragtig binne ons as ons glo.
Dra hierdie beloftes uit Efesiërs met jou saam, oordink dit, leef dit en gee die duiwel minder slaankrag.
Kom ons bid saam: Hemelse Vader, dankie vir hierdie krag, vir hierdie geloof, dat ons saam met Christus gesag het in hierdie wêreld. Amen.
Hierdie oordenkings is geneem uit DIE WOORD ELKE DAG deur Andries Enslin, CARPE DIEM MEDIA.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Daar is soveel skrifte wat ons leer dat ons in die Woord moet bly en dat die Woord die kern van ons geestelike groei en ons groei in verhouding met Jesus is. Ek glo die dagstukkies oor God se beloftes kan jou ook help om te hoor hoe God met jou praat en jou ontmoet waar jy is.
More
Ons bedank Andries Enslin en Carpe Diem Media vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lewensentrum.org.za