Woorde Maak SaakVoorbeeld

Woorde Maak Saak

DAG 4 VAN 29

Lees: Spreuke 12:18, Spreuke 18:21

SOAP: Spreuke 18:21

Ons tonge het groot krag. Dit het krag om lewe te gee en om dood te maak. Dis ons persoonlike besluit om te neem, en 'n groot verantwoordelikheid, omdat almal van ons ander beïnvloed. Dalk het ons nie 'n sosiale media-platform waarop ons ons boodskap versprei nie, maar ons het wel 'n groepie mense rondom ons wat deur ons woorde beïnvloed word.

Ons kan ons woorde gebruik om te vertroos, aan te moedig, te onderrig en instruksies oor te dra. Ons kan dit gebruik om lewe te spreek teenoor diegene wat seer het, om die Evangelie te deel met diegene wat geen hoop het nie.

Maar ons kan dit ook op 'n harde manier gebruik. Ons kan dit gebruik om te lieg en te skinder. Ons kan in woede uitbars en ander seermaak met die dinge wat ons sê. Ons het die mag om beide goed en kwaad met ons woorde te spreek.

Ons kan die woorde kies wat ons sê en hoe ons ander daarmee gaan beïnvloed, maar onthou dat ons maai wat ons saai. Ons sal die vrugte van ons woorde eet. Ek daag jou vandag uit om bewus te word van die krag van jou woorde en om die besluit te neem om lewe daardeur te spreek.

Liewe Vader, help my asseblief om lewe te spreek deur my woorde. Help my om 'n goddelike invloed te hê op die lewens van diegene rondom my. In Jesus se naam, amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Woorde Maak Saak

In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com