Woorde Maak SaakVoorbeeld

Woorde Maak Saak

DAG 5 VAN 29

Lees: Matteus 12:33-37, Matteus 15:17-18, Lukas 6:45

SOAP: Lukas 6:45

Hierdie is een van daardie verse wat ons al 'n miljoen keer gehoor het, nie waar nie? Ons ken dit uit ons koppe uit en gebruik dit in gesprekke met ons kinders of met ander Christene. Ons vergeet dit egter ook baie maklik.

'Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.' Wat is in jou hart? Wat vul jou hart? Wat vloei uit jou hart uit? Dis 'n kwessie van fokus en prioriteite. Dit waaraan ons die meeste tyd spandeer, sal ons harte vul.

Baie van ons kla dat ons nie tyd het om ons harte met die Woord van God te vul nie. Maar ons het tyd vir sosiale media, TV of sorgelose gesprekke. Wat gebeur met jou klerekas wanneer jy te veel klere het? Jy het nie plek vir meer nie! Wanneer ons harte te vol van ander dinge is, kan ons nie ruimte daarin maak vir die Woord van God nie.

Liewe vriendin, dis tyd om jou hart skoon te maak en plek te maak vir die Woord van God, sodat dit jou hart kan vul en jy uit die oorvloed daarin kan spreek.

Liewe Vader, vul asseblief my hart met u liefde. Vul my hart met u genade, u geduld, u vreugde. Help my om dit met u Woord te vul. In Jesus se naam, amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Woorde Maak Saak

In hierdie studie gaan ons in God se Woord delf en leer wat Hy sê oor die woorde wat ons teenoor onsself en ander spreek en woorde wat die wêreld verander. Ons sal leer om God en ander te eer met ons woorde. Ons bid dat hierdie studie vir ons diepe insig sal gee oor hoe ons woorde kan spreek wat lewe gee en lewens verander.

More

Ons wil graag vir Love God Greatly Afrikaans bedank vir hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.lovegodgreatly.com