Kinders se AdventhuisVoorbeeld
Dag 3: Lees Lukas 1:11-20
Sagaria en sy vrou was baie oud toe God 'n engel gestuur het om hom te vertel dat sy vrou 'n baba gaan hê — 'n baie spesiale baba wat die pad vir Jesus sou voorberei! By God is alle dinge moontlik! Sagaria het egter nie geglo dat God so 'n wonderwerk in sy lewe kon doen nie. Wat het met Sagaria gebeur omdat hy nie geglo het nie?
Aktiwiteit: Skryf 'n paar woorde op stukkies papier (diere, sportsoorte of verhale waarvan jou kinders hou, sal ook goed werk). Laat elke kind 'n stukkie papier kies en met toneelspel en gebare sy of haar woord voorstel wat die ander kinders dan moet raai. Is dit moeiliker wanneer jy iets probeer verduidelik wat jy nie mag sê nie? Hoe dink jy het Sagaria gevoel?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Liewe Mamma, voel dit of Kerstyd altyd in groot opwinding en chaos by jou verbyglip? Hierdie jaar kan dit anders wees. Ontdek hierdie Kersfees die kosbare liefde van Christus saam met jou kinders! Die Kinders se Adventhuis is 'n pragtige 25-dag leesplan, toegerus met 'n Adventhuis wat jy kan uitdruk. Dit sal help om jou kinders se harte op die Here te rig, en hierdie die mees betekenisvolle Kerstyd tot dusver te maak!
More