Kinders se AdventhuisVoorbeeld
Dag 8: Lees Lukas 1:39-45
Nog voor Johannes gebore is, kon hy alreeds vir Jesus, sy Verlosser, herken. Van die dag af wat hulle in hul ma's begin groei is babas wonderlik en so kosbaar vir God!
Aktiwiteit: Kyk saam met jou kind na die ultraklank- of pasgebore foto's van hom of haar. Bespreek met jou kinders hoe God elke baba spesiaal en waardevol gemaak het. Verwys na die pragtige gedeelte in Psalm 139:13-18 oor hoe God elke baba in sy moeder vorm. Vertel jou kinders hoe belangrik dit is om babas as God se spesiale skeppings te waardeer!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Liewe Mamma, voel dit of Kerstyd altyd in groot opwinding en chaos by jou verbyglip? Hierdie jaar kan dit anders wees. Ontdek hierdie Kersfees die kosbare liefde van Christus saam met jou kinders! Die Kinders se Adventhuis is 'n pragtige 25-dag leesplan, toegerus met 'n Adventhuis wat jy kan uitdruk. Dit sal help om jou kinders se harte op die Here te rig, en hierdie die mees betekenisvolle Kerstyd tot dusver te maak!
More