Kinders se AdventhuisVoorbeeld
Dag 12: Lees Matteus 1:20-21
Wat het die engel vir Josef gesê moet hy die baba noem? Jesus! Die naam, Jesus, beteken "Verlosser" of "Redder". Die naam is aan ons Here gegee want "dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos" (Matteus 1:21b). Wat 'n pragtige naam, wat liefde in jou hart laat roer en lofprysing op jou lippe bring!
Aktiwiteit: Maak 'n Jesus-versiering vir jou kersboom! Jy kan dit so eenvoudig of ingewikkeld maak as wat jy wil! Hier is 'n paar idees: Haal 'n onversierde gloeilampie van die kersboom af en kry 'n paar permanente merkpenne. Jou kind kan die naam "Jesus" op die gloeilampie skryf en self verder versier. Of jy kan 'n sirkel uit karton sny om as krip te dien en suigstokkies in die vorm van 'n "X" met gom daarop plak. Plak dan stukkies gras in die boonste gedeelte van die "X". Maak nou 'n baba Jesus met 'n derde suigstokkie deur ongeveer 2,5 cm van een punt van die stokkie af te knip en 'n gesiggie op die suiglekker aan die ander punt te teken. Maak dan die onderste gedeelte van die stokkie met 'n stukkie materiaal of sneesdoekie toe om as kombersie te dien. Plak nou vir baba Jesus op die krip vas en gebruik 'n toutjie of wol aan die bokant om dit aan die kersboom op te hang.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Liewe Mamma, voel dit of Kerstyd altyd in groot opwinding en chaos by jou verbyglip? Hierdie jaar kan dit anders wees. Ontdek hierdie Kersfees die kosbare liefde van Christus saam met jou kinders! Die Kinders se Adventhuis is 'n pragtige 25-dag leesplan, toegerus met 'n Adventhuis wat jy kan uitdruk. Dit sal help om jou kinders se harte op die Here te rig, en hierdie die mees betekenisvolle Kerstyd tot dusver te maak!
More