Kinders se AdventhuisVoorbeeld

Dag 16: Lees Miga 5:1
Waar sou Jesus volgens hierdie vers gebore word? Hierdie profesie is honderde jare voor die geboorte van Jesus geskryf. God het al die gebeure om Jesus se geboorte laat plaasvind (die sensus, Josef en Maria se reis na Betlehem, ens.) om alles te laat gebeur net soos Hy dit beloof het! Ons God is 'n fantastiese, alwetende Vader! Hy doen altyd alles wat Hy gesê het!!
Aktiwiteit: Sing die Kerslied "O kleine dorpie Betlehem" saam. Oorweeg dit om die lied te begelei met musiekinstrumente, bestaande uit potte of panne met lepels.
*Maak seker dat jy op dag 25 van hierdie leesplan na die skakel van hierdie lied gaan. Daar is nog ander bronne vir hierdie leesplan.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Liewe Mamma, voel dit of Kerstyd altyd in groot opwinding en chaos by jou verbyglip? Hierdie jaar kan dit anders wees. Ontdek hierdie Kersfees die kosbare liefde van Christus saam met jou kinders! Die Kinders se Adventhuis is 'n pragtige 25-dag leesplan, toegerus met 'n Adventhuis wat jy kan uitdruk. Dit sal help om jou kinders se harte op die Here te rig, en hierdie die mees betekenisvolle Kerstyd tot dusver te maak!
More