Kinders se AdventhuisVoorbeeld
Dag 19: Lees Lukas 2:6-7
Ons Verlosser is gebore! Prys die Here vir sy groot liefde vir ons! Kom ons bid 'n gebed van danksegging vir God se liefde en hoe Hy vir ons sorg! Hy het vir ons 'n manier gegee om na Hom terug te kom en 'n verhouding met Hom te hê! Wat 'n fantastiese Vader en wat 'n wonderlike Verlosser!
Aktiwiteit: Beplan êrens in die week 'n verjaarsdagpartytjie vir Jesus! Kyk na die instruksies.
*Maak seker dat jy op dag 25 van hierdie leesplan na die skakel gaan wat jou instruksies sal gee hoe om 'n vir Jesus 'n verjaarsdagpartytjie te hou, met nog ander bronne vir hierdie leesplan.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Liewe Mamma, voel dit of Kerstyd altyd in groot opwinding en chaos by jou verbyglip? Hierdie jaar kan dit anders wees. Ontdek hierdie Kersfees die kosbare liefde van Christus saam met jou kinders! Die Kinders se Adventhuis is 'n pragtige 25-dag leesplan, toegerus met 'n Adventhuis wat jy kan uitdruk. Dit sal help om jou kinders se harte op die Here te rig, en hierdie die mees betekenisvolle Kerstyd tot dusver te maak!
More