Kinders se AdventhuisVoorbeeld
Dag 23: Lees Filippense 2:6-11
Wat 'n lieflike geskenk het God ons gegee om na die aarde te kom, mens te word, aan die kruis te ly en te sterf sodat ons vir ewig saam met Hom kan lewe! Hy het jou so baie lief! Het jy al gekies om Hom te volg? "Hý bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie" (Handelinge 4:12).
Aktiwiteit: Ons het so baie waarvoor ons vir Jesus moet dankie sê! Bid saam en dank Hom dat Hy ons gered het! Ons wil die ware betekenis van Kersfees vandag en elke dag onthou. Om die verhaal van Jesus se geboorte by jou kinders vas te lê, kan jy dit deel van hul speeltyd maak deur Jesus se geboorteverhaal op te voer.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Liewe Mamma, voel dit of Kerstyd altyd in groot opwinding en chaos by jou verbyglip? Hierdie jaar kan dit anders wees. Ontdek hierdie Kersfees die kosbare liefde van Christus saam met jou kinders! Die Kinders se Adventhuis is 'n pragtige 25-dag leesplan, toegerus met 'n Adventhuis wat jy kan uitdruk. Dit sal help om jou kinders se harte op die Here te rig, en hierdie die mees betekenisvolle Kerstyd tot dusver te maak!
More