Kinders se AdventhuisVoorbeeld
Jy kan vandag ander dae inhaal as jy dalk enige oordenking met jou kinders misgeloop het en jou hart met die Woord van God bemoedig!
- Lees vandag se Skrifgedeelte (1 Johannes 5:11) en bid dan dat die Heilige Gees in jou hart met jou sal praat. Is dit nie wonderlik dat ons as Christene weet ons het die sekuriteit van 'n ewige lewe saam met Jesus nie? Hy het 'n brutale dood gesterf en al God se toorn op Homself aan die kruis geneem sodat, wanneer ons te sterwe kom, ons vergewe, vry en verseker kan wees van 'n lewe saam met Hom.
- Bid en dra dan jou dag aan God op. Vra die Here vir wysheid, kennis, deernis, genade, barmhartigheid, liefde en vergifnis.
- Bid en vra vir Jesus om jou te help om jou gesin en die mense in jou lewe deur die krag van die Heilige Gees lief te hê met sy liefde. Vra Hom om jou te help om naby Jesus te bly en op Hom staat te maak vir alles en nie te probeer om enigiets uit jou eie te doen nie. Bid ook vir geloof in die wete dat Hy jou sal help met enigiets waarvoor jy nou of in die toekoms te staan mag kom. Mamma, jy is nooit alleen nie! Jesus is altyd by jou! (Johannes 15:5).
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Liewe Mamma, voel dit of Kerstyd altyd in groot opwinding en chaos by jou verbyglip? Hierdie jaar kan dit anders wees. Ontdek hierdie Kersfees die kosbare liefde van Christus saam met jou kinders! Die Kinders se Adventhuis is 'n pragtige 25-dag leesplan, toegerus met 'n Adventhuis wat jy kan uitdruk. Dit sal help om jou kinders se harte op die Here te rig, en hierdie die mees betekenisvolle Kerstyd tot dusver te maak!
More
Ons wil graag "Help Club for Moms" bedank, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief https://helpclubformoms.com vir meer inligting