Kinders se AdventhuisVoorbeeld
Dag 25: Lees Matteus 2:1-12
Die wyse manne het vir Jesus gesoek omdat hulle Hom vreeslik graag wou aanbid! Wil jy die lewe soos die wyse manne leef: om enigiets te gee en geen afstand te ontsien nie net om ons Verlosser, Jesus, te kan aanbid? Ek weet ek wil beslis!
Aktiwiteit: Staan tyd tussen al die besige aktiwiteite van Kersdag af om as gesin vir Jesus te aanbid. Praat oor Hom, bid saam en sing liedere tot sy eer en lees uit sy Woord ... doen eenvoudig dit wat God op julle harte lê! Geseënde Kersfees! Wat 'n perfekte dag om die liefde van Jesus te vier!
• Opsionele aktiwiteite vir ouer kinders:
Sommige van die daaglikse aktiwiteite is meer geskik vir jonger kinders. Hier volg aktiwiteite vir ouer kinders wat hulle moontlik sal geniet!
1. Ontwerp 'n koerant van sommige gebeurtenisse wat in die daaglikse Skriflesings voorkom. Hulle kan 'n prettige naam aan die koerant gee, soos "Die Betlehem Dagblad". Dan kan hulle nuusberigte, advertensies en illustrasies, of iets uit die Skrif wat hulle opval, byvoeg soos hulle vorder.
2. Skryf 'n gedig of lied om die Here te prys. Hulle kan regdeur die maand hieraan werk, namate God woorde van lofprysing in hul harte lê. Tik hulle gedigte wanneer hulle klaar is en raam dit as 'n kosbare herinnering aan jul Kersversierings. Julle kan selfs op Kersaand 'n toneelspel vir die gesin opvoer waar elkeen sy skeppinge tentoonstel, indien julle wil.
3. Maak 'n model of driedimensionele beeld van soutdeeg, in 'n skoendoos of kartondeksel (daar is baie resepte vir soutdeeg aanlyn beskikbaar). Jou kind kan die geboortetoneel maak of 'n padkaart van Maria en Josef se reis, wat selfs hulle vlug na Egipte insluit, toe hulle na Jesus se geboorte van Herodes weggevlug het. Moedig hulle aan om kreatief te wees; daar is geen beperkinge nie!
4. Jou kind kan 'n draaiboek skryf oor die gebeure tydens Jesus se geboorte. Skryf die draaiboek met verskillende rolle en opwindende insetsels. Jou kind kan selfs die kostuums en rekwisiete vir die opvoering maak!
5. Kram verskeie bladsye papier aanmekaar vas om 'n Kersfeesboek te maak waarin jou kind al die gebeure van Jesus se geboorte in besonderhede kan neerskryf. Jou kind kan elke blad self skryf en illustreer en julle kan dit jaarliks lees om te onthou waarom ons Kersfees vier!
Ons hoop hierdie leesplan het jou bemoedig! Klik op hierdie skakel vir verdere aktiwiteite, drukbare artikels, liedere en ander bronne van die "Help Club for Moms" vir hierdie Adventleesplan.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Liewe Mamma, voel dit of Kerstyd altyd in groot opwinding en chaos by jou verbyglip? Hierdie jaar kan dit anders wees. Ontdek hierdie Kersfees die kosbare liefde van Christus saam met jou kinders! Die Kinders se Adventhuis is 'n pragtige 25-dag leesplan, toegerus met 'n Adventhuis wat jy kan uitdruk. Dit sal help om jou kinders se harte op die Here te rig, en hierdie die mees betekenisvolle Kerstyd tot dusver te maak!
More