Kinders se AdventhuisVoorbeeld

Children's Advent House

DAG 17 VAN 25

Dag 17: Lees Lukas 2:1-5

Jesus word binnekort gebore! Maria en Josef moes vir die sensus (telling van mense in elke dorp) na Betlehem reis. Kan jy jou indink om so 'n lang afstand op die rug van 'n donkie af te lê? Of selfs om saam te loop soos Josef moes doen, terwyl hy die donkie op koers hou? Hulle moes verskeie dae loop om Betlehem te bereik. Hulle moes seker baie moeg gewees het!

Aktiwiteit: Maak asof julle Maria en Josef is en gaan self op reis! Gaan pak jou tas en gryp 'n donkie ('n lang leë kartonrol of besemstok sal goed werk as die donkie) en maak dan of julle die lang pad na Betlehem saam aanpak!

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Children's Advent House

Liewe Mamma, voel dit of Kerstyd altyd in groot opwinding en chaos by jou verbyglip? Hierdie jaar kan dit anders wees. Ontdek hierdie Kersfees die kosbare liefde van Christus saam met jou kinders! Die Kinders se Adventhuis is 'n pragtige 25-dag leesplan, toegerus met 'n Adventhuis wat jy kan uitdruk. Dit sal help om jou kinders se harte op die Here te rig, en hierdie die mees betekenisvolle Kerstyd tot dusver te maak!

More

Ons wil graag "Help Club for Moms" bedank, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief https://helpclubformoms.com vir meer inligting