Kinders se AdventhuisVoorbeeld

Children's Advent House

DAG 15 VAN 25

Dag 15: Lees Matteus 1:24-25

(Vrywaring: Die eerste gedeelte van vers 25 noem wanneer Josef met Maria omgang gehad het. As jy dit nie wil bespreek nie, kan jy net die laaste gedeelte van die vers lees.) Josef het die Here gehoorsaam deur die opdrag van die engel presies uit te voer! Sukkel jy ooit om aan die Here gehoorsaam te wees?

Aktiwiteit: God het 'n fantastiese plan vir jou lewe! Bid en vra die Here om jou te help om aan Hom gehoorsaam te wees! Praat met jou ouers oor waarmee jy sukkel om gehoorsaam in te wees. Het jy geweet dat selfs ouers aan God gehoorsaam moet wees — en hulle verstaan watter uitdaging gehoorsaamheid kan wees! Jou pa en ma kan jou help en bemoedig namate jy daarin groei om Jesus te volg! Skryf met hulle hulp 'n plan neer, of maak 'n illustrasie daarvan, hoe jy God gaan gehoorsaam met waarmee jy sukkel.

Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Children's Advent House

Liewe Mamma, voel dit of Kerstyd altyd in groot opwinding en chaos by jou verbyglip? Hierdie jaar kan dit anders wees. Ontdek hierdie Kersfees die kosbare liefde van Christus saam met jou kinders! Die Kinders se Adventhuis is 'n pragtige 25-dag leesplan, toegerus met 'n Adventhuis wat jy kan uitdruk. Dit sal help om jou kinders se harte op die Here te rig, en hierdie die mees betekenisvolle Kerstyd tot dusver te maak!

More

Ons wil graag "Help Club for Moms" bedank, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief https://helpclubformoms.com vir meer inligting