Kinders se AdventhuisVoorbeeld
Jy kan vandag ander dae inhaal as jy dalk enige oordenking met jou kinders misgeloop het en jou hart met die Woord van God bemoedig!
- Lees vandag se Skrifgedeelte (Romeine 15:13) en bid dan dat die Heilige Gees in jou hart met jou sal praat. Vra die Here om jou met hoop en vreugde te vul, ongeag waardeur jy miskien vandag gaan.
- Bid en dra dan jou dag aan God op. Vra die Here vir wysheid, kennis en deernis.
- Bid dat jou man en kinders hierdie Kersfees die teenwoordigheid van Jesus sal ervaar. Vra God om jou te help om al die goeie dinge raak te sien wat Hy elke dag vir jou doen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Liewe Mamma, voel dit of Kerstyd altyd in groot opwinding en chaos by jou verbyglip? Hierdie jaar kan dit anders wees. Ontdek hierdie Kersfees die kosbare liefde van Christus saam met jou kinders! Die Kinders se Adventhuis is 'n pragtige 25-dag leesplan, toegerus met 'n Adventhuis wat jy kan uitdruk. Dit sal help om jou kinders se harte op die Here te rig, en hierdie die mees betekenisvolle Kerstyd tot dusver te maak!
More
Ons wil graag "Help Club for Moms" bedank, wat hierdie leesplan verskaf het. Besoek asseblief https://helpclubformoms.com vir meer inligting