Kinders se AdventhuisVoorbeeld
Dag 9: Lees Lukas 1:46-49
In hierdie verse bring Maria 'n loflied aan God vir die wonderbaarlike geskenk wat Hy nie net aan haar nie, maar aan die hele wêreld gegee het! Daar was voorwaar baie redes om bang te wees vir wat hierdie wonderbare swangerskap vir haar beteken het, tog verkies sy om God te vertrou en Hom te prys! Kan jy aan enige omstandigheid dink waarin jy God met meer diepte kan vertrou? Hoe kan jy ook kies om 'n lewe van lofprysing voor God te leef?
Aktiwiteit: Plak 'n stukkie papier teen die yskas of 'n kas en maak deur die loop van die dag 'n lys daarop van die dinge waarvoor jy God kan prys! Dit is so pragtig om van jongs af 'n hart van lofprysing te ontwikkel!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Liewe Mamma, voel dit of Kerstyd altyd in groot opwinding en chaos by jou verbyglip? Hierdie jaar kan dit anders wees. Ontdek hierdie Kersfees die kosbare liefde van Christus saam met jou kinders! Die Kinders se Adventhuis is 'n pragtige 25-dag leesplan, toegerus met 'n Adventhuis wat jy kan uitdruk. Dit sal help om jou kinders se harte op die Here te rig, en hierdie die mees betekenisvolle Kerstyd tot dusver te maak!
More