GenadejaarVoorbeeld

Genadejaar

DAG 2 VAN 10

Deur genade en genade alleen

Ek en jy kan nooit self die reg verdien om seuns en dogters van die lewende God genoem te word nie. Ons kan nie die reg verdien om vir ewig saam met God te leef op grond van die goeie dinge wat ons hier op aarde doen nie.

In Lukas 17:7-10 vertel Jesus van die dienaar wat die land omploeg en sy eienaar se skape oppas. Wanneer hy uit die veld huis toe gaan, sê sy eienaar vir hom hy moet vir hom iets maak om te eet en te drink. Dan moet die dienaar sy eienaar ook nog bedien. Eers dan kan die dienaar self gaan eet.

Dink die dienaar omdat hy al hierdie goeie dinge doen die eienaar spesiale aandag aan hom sal gee? Die Here sê Hy dink nie so nie. Wanneer ons die dinge doen wat God van ons vra, is ons steeds dienaars wat vir Hom niks beteken nie, want ons doen maar net ons plig, niks meer nie.

Alles wat ek en jy eendag sal erf, is net uit die genade van Christus. Laat ons ons dan nooit probeer bluf en dink God skuld ons enigiets nie. Ons Vader God het die hoogste prys vir ons sonde betaal deur sy enigste Seun, Jesus, te laat sterf aan die kruis. Dit wys vir ons dat Hy ons liefhet met ’n liefde wat nooit sal ophou nie.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Genadejaar

God se genade ... Ons ken die storie van Jesus se offer so goed: Ons sing daaroor, ons preek daaroor, ons lees daarvan en ons bid daaroor. Tog behoort die wonder van God se genade en sy liefde vir ons ons nou en dan opnuut te tref en dan laat die werklikheid van hierdie kosbare geskenk van God ons sprakeloos staan. Hierdie leesplan is saamgestel uit GENADEJAAR deur Angus Buchan.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://www.cumbooks.co.za