GenadejaarVoorbeeld

Genadejaar

DAG 7 VAN 10

Onheilige optrede

Ons lees in 1 Konings 11:39 dat selfs Dawid en sy nageslag gedissiplineer is: “en ter wille daarvan sal Ek die nageslag van Dawid verneder, maar nie vir altyd nie! Die Here bestraf of dissiplineer ons nie omdat Hy ’n slegte hart het of omdat Hy sadisties is nie. Inteendeel. Die Here het ons so lief dat Hy sy enigste Seun gegee het om vir ons sondes aan ’n wrede houtkruis te sterf (Joh. 3:16). 

Ons staan nie meer onder die wet nie, maar onder die genade (Rom. 6:14). Dit gee ons egter nie toestemming om in sonde te leef soos die wêreld nie. Die prys vir ons sonde is betaal deur die onverdiende dood van Jesus Christus aan die kruis. God het ons vergewe, ja, maar dit gee nie aan ons die vryheid om sondes te doen nie.

Die Here sê in Matteus 3:8: “"Dra liewer vrugte wat bewys dat julle bekeer is.” Daar moet verandering in ons lewe kom wanneer ons erken dat Jesus Christus die grootste prys vir ons sondige lewe betaal het. Onthou, God se heilige dissipline veroordeel ons nie, maar red ons van die ewige verdoemenis en die hel self. Jesus dissiplineer ons omdat Hy ons liefhet.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Genadejaar

God se genade ... Ons ken die storie van Jesus se offer so goed: Ons sing daaroor, ons preek daaroor, ons lees daarvan en ons bid daaroor. Tog behoort die wonder van God se genade en sy liefde vir ons ons nou en dan opnuut te tref en dan laat die werklikheid van hierdie kosbare geskenk van God ons sprakeloos staan. Hierdie leesplan is saamgestel uit GENADEJAAR deur Angus Buchan.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://www.cumbooks.co.za