GenadejaarVoorbeeld

Genadejaar

DAG 9 VAN 10

Blydskap in die oggend

Die Here het eendag baie duidelik deur Psalm 30:12 en 13 met my gepraat. Dit het in daardie stadium vir my gevoel ek was in die spreekwoordelike tonnel met geen lig aan die einde daarvan nie.

Maar een oggend, toe ek klaar gehuil het, het die blydskap my hart oorlopens toe gevul. God het my verseker dat Hy iets buitengewoon sou doen by een van die byeenkomste wat ons gereël het.

Wanneer ek ook al terneergedruk voel, word ek weer en weer herinner dat die Here my helper is. Hy sal my hartseer in blydskap verander (Ps. 30:12). Ons het die krag van Christus in ons. En deur sy krag kan ons vir al die mense rondom ons vertel dat Jesus vir hulle lief is en opnuut vir hulle blydskap en genade sal gee.

Staan dan vandag op en wees in tel vir Jesus. Ons veg in ’n oorlog, ja, maar die goeie nuus is dat ons almal die wapens van hemel en aarde tot ons beskikking het om in hierdie oorlog die oorwinning te behaal.

Vertel dan oral en altyd vir mense dat wanneer hulle vir Jesus Christus as hulle Here en Verlosser aanvaar, hulle ook meer as oorwinnaars sal wees deur Hom wat ons liefhet. Verseker hulle daar is hoop; daar is ’n beter pad; daar is ’n toekoms. Sy Naam is Jesus Christus. Op sy ontferming kan ons altyd vertrou.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Genadejaar

God se genade ... Ons ken die storie van Jesus se offer so goed: Ons sing daaroor, ons preek daaroor, ons lees daarvan en ons bid daaroor. Tog behoort die wonder van God se genade en sy liefde vir ons ons nou en dan opnuut te tref en dan laat die werklikheid van hierdie kosbare geskenk van God ons sprakeloos staan. Hierdie leesplan is saamgestel uit GENADEJAAR deur Angus Buchan.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://www.cumbooks.co.za